Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 29-12-2025 (vlak 2)



vorige toets 29 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-12-2025 só ingevul:



Ons het die besluit geneem op grond van die inligting tot ons beskikking.
Wat is die woordsoort van "beskikking" in bostaande sin?
29 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
17 % (afgerond)bywoord
48 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
6 % (afgerond)werkwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “beskikking - die beskikking”. Sommige woorde soos "beskikking" het egter geen meervoud nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Chantel het haar sleutel hier verloor, sal jy bietjie ........ of iemand dit opgetel het?
13 % (afgerond)rond vra
86 % (afgerond)rondvra 
ront vra
rontvra

ʼn Samestelling ("rondvra") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("rond" en "vra") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die ring lê op 'n ........ in die dosie.
77 % (afgerond)kussinkie 
10 % (afgerond)kussingtjie
12 % (afgerond)kussingkie
1 % (afgerond)kussentje

Die “-kie”-morfeem word net in verkleiningsvorme gebruik wanneer daar ʼn “ng”-klank aan die einde van ʼn meerlettergrepige woord voorkom; die “ng” word dan vervang met “-kie”, byvoorbeeld “kussing” word “kussinkie”.

Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Ek dink nie jou voorstel gaan werk nie; dit klink my jy probeer vere van 'n ........ pluk.
4 % (afgerond)kat
12 % (afgerond)klip
73 % (afgerond)skilpad 
12 % (afgerond)gans

Die idioom "van 'n skilpad vere probeer pluk", beteken 'die onmoontlike probeer doen'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties