Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 26-12-2025 (vlak 2)



vorige toets 26 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-12-2025 só ingevul:



Jason is baie ........ ; op 24 het hy al drie grade agter sy naam gehad.
1 % (afgerond)ambuseus
90 % (afgerond)ambisieus 
2 % (afgerond)ambiseus
7 % (afgerond)ambusieus

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “ambusieus” in plaas van die korrekte “ambisieus”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Jy moet oppas dat jou houding jou nie in onguns ........ jou base bring nie.
vir
84 % (afgerond)by 
12 % (afgerond)met
4 % (afgerond)onder

Die uitdrukking "in onguns bring by iemand" beteken om 'nie gewild te wees by iemand nie'. Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “rasend honger”; “in onguns bring met”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Bron: Voorsetselwoordeboek
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die Nasionale Olimpiese Komitee het gesê ........ wat aan vanjaar se spele wil deelneem, sal self moet opdok.
16 % (afgerond)sportslui
2 % (afgerond)sportslei
2 % (afgerond)sportlei
80 % (afgerond)sportlui 

Samestellings met die woord "sport" kry nie in Afrikaans 'n verbindingsklank nie. By samestellings wat nie 'n verbindingsklank neem nie, is dit 'n fout indien dit wel met 'n verbindingsklank geskryf word (AWS 17.12).
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Die ........ het aangekondig dat staatsinstellings dringend moet besnoei.
2 % (afgerond)tesorie
16 % (afgerond)tessourie
3 % (afgerond)tessorie
79 % (afgerond)tesourie 

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “tesourie”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Die woord "tesourie" kom van die Griekse woord "thesauros" wat 'skat' beteken.
Bron: HAT
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties