Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 26-12-2025 (vlak 1)



vorige toets 26 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-12-2025 só ingevul:



Sommige vegetariërs eet baie ........ as plaasvervanger vir vleis.
so-ja
1 % (afgerond)sooia
99 % (afgerond)soja 

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "soja" kom van Japannees.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



Ek het ........ my vriende reël ʼn partytjie vir my verjaardag.
geagterkom
geägterkom
94 % (afgerond)agtergekom 
6 % (afgerond)agter gekom

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Matthew het tot ........ toe niks aan die saak gedoen nie.
16 % (afgerond)net nou
3 % (afgerond)straks
20 % (afgerond)gister
61 % (afgerond)nog 

Die uitdrukking "tot nog toe" beteken 'tot dusver'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Wat is die afkorting van generaal-majoor?
36 % (afgerond)genl.maj. 
32 % (afgerond)genl-maj
32 % (afgerond)genl.-maj.

'n Omvattende lys van afkortings en akronieme is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afkortings.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties