Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 25-12-2025 (vlak 2)



vorige toets 25 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-12-2025 só ingevul:



........ gee beskerming teen oorbelading as iets met die toevoer van elektrisiteit verkeerd sou gaan.

Drading
44 % (afgerond)Aarding 
12 % (afgerond)Bedrading
44 % (afgerond)Beaarding

Wanneer elektriese toestelle geaard word, praat ons van die "aarding" van sulke toestelle. Die woord "bedrading" sluit nie noodwendig die "aarding" in nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Die dogtertjie het oulike ........ op haar neus.
82 % (afgerond)sproetjies 
sproeikies
17 % (afgerond)sproeitjies

Alle woorde wat eindig op ʼn “d” of ʼn “t” kry “-jie” in die verkleiningsvorm (AWS 15.4), byvoorbeeld "perd - perdjie", "sproet - sproetjie".

Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Henk van Woerden vertel die verhaal van Dimitri Tsafendas in " ........ ".
15 % (afgerond)slegs Domein van glas
1 % (afgerond)slegs domein van glas
13 % (afgerond)slegs Doemein Van Glas
70 % (afgerond)Domein van Glas of Domein van glas 

Die eerste woord van 'n publikasietitel begin met 'n hoofletter, terwyl die ander hoofwoorde met hoofletters of kleinletters geskryf kan word.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Moenie in die plas water trap nie; jou skoene gaan nat word.
Wat is die woordsoort van "plas" in bostaande sin?
56 % (afgerond)soortnaam 
10 % (afgerond)maatnaam
15 % (afgerond)massanaam
19 % (afgerond)versamelnaam

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "plas", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties