Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 24-12-2025 (vlak 3)



vorige toets 24 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-12-2025 só ingevul:



Die ........ omstandighede in die minder gegoede buurte in en om die middestad hou groot kommer vir die munisipale regering in.
43 % (afgerond)sosioëkonomiese of sosio-ekonomiese 
53 % (afgerond)slegs sosio-ekonomiese
1 % (afgerond)slegs sosioëkonomiese
3 % (afgerond)slegs sosioekonomiese

'n Deelteken of 'n koppelteken word gebruik in verbindings waar 'n opeenvolging van vokaalletters verkeerd gelees kan word en voorvoegsels van Klassieke herkoms betrokke is.
Ander voorbeelde sluit in: "infraäkoesties" of "infra-akoesties" en "koöperasie" of "ko-operasie". (Bron: AWS 5.6)
Sien ook die bladsy Deelteken.



Die dokter het ........ by die pasiënt gediagnoseer na sy aanhoudende klagtes van maagkrampe.
1 % (afgerond)prikkelbare derm-sindroom
8 % (afgerond)prikkelbare dermsindroom
1 % (afgerond)prikkelbare derm sindroom
89 % (afgerond)prikkelbaredermsindroom 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord, byvoorbeeld "prikkelbaredermsindroom", "breërandhoed" en "hoëhakskoen".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Kijif is die hoofstad van ........ .
6 % (afgerond)Ukraïne
61 % (afgerond)Oekraïne 
4 % (afgerond)die Ukraïne
29 % (afgerond)die Oekraïne

Name van onafhanklike lande word nie voorafgegaan deur die lidwoord "die" nie. Ons skryf dus "Kongo" (en nie "die Kongo" nie) en "Soedan" (en nie "die Soedan" nie).
Lees meer oor Oekraïne by: https://af.wikipedia.org/wiki/Oekra%C3%AFne
Let daarop dat die spellings "Kijif" en "Kiëf" albei in Afrikaans aanvaar word.
Sien ook die bladsy Plekname.



Idioom: Met die ........ in die bos huil.
3 % (afgerond)honde
3 % (afgerond)uile
79 % (afgerond)wolwe 
15 % (afgerond)jakkalse

Hierdie idioom beteken 'maak soos jou maats maak'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties