24 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-12-2025 só ingevul:
Hy is 'n ........ en werk nie op Saterdae nie.
Sewendedag adventis Sewendedag-adventis Sewendedagadventis Sewende dag adventis
Samestellende samestellings (wat tipies bestaan uit die verbinding tussen 'n byvoeglike naamwoord + 'n selfstandige naamwoord + 'n selfstandige naamwoord) word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
In die ........ wintermaande moet 'n mens versigtig op die paaie bestuur.
nat, koue, nat koue, nat, koue
'n Komma kom tussen twee byvoeglike naamwoorde wat die selfstandige naamwoord voorafgaan. Daar kom nie 'n komma tussen die selfstandige naamwoord "wintermaande" en die byvoeglike naamwoord "koue" wat die selfstandige naamwoord beskryf nie.
Sien ook die bladsy Komma.
Die hoof gaan die leerders wat graffiti teen die muur gespuit het, voor stok ........ .
sit bring kry slaan
Die Speaker van die ........ , Nosiviwe Mapisa-Nqakula, is op 19 Augustus 2021 ingehuldig.
slegs parlement slegs Parlement parlement of Parlement
'n Ampsbenaming ("speaker") wat na 'n individu verwys, of die naam van 'n instelling ("parlement") begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)