Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 24-12-2025 (vlak 1)



vorige toets 24 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 24-12-2025 só ingevul:



Jy kan nie ’n ........ hotel met die Hilton vergelyk nie.
84 % (afgerond)derderangse 
derde rangs
1 % (afgerond)derde rangse
14 % (afgerond)derderangs

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("derderangs"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Die afmetings moet ........ wees anders gaan die dele nie pas nie.
1 % (afgerond)sekier
97 % (afgerond)sekuur 
2 % (afgerond)sukuur
sukier

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "sekier" in plaas van die korrekte "sekuur".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Karin is besig om ʼn stuk wol ........ .

91 % (afgerond)uit te pluis 
9 % (afgerond)uittepluis
te uit pluis
te uitpluis

Werkwoorde in die infinitiefvorm word los geskryf, byvoorbeeld "om uit te pluis, om deur te voer, om in te duik".
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ons eet vanaand ........ vir aandete.
paaste
1 % (afgerond)paste
99 % (afgerond)pasta 
paasta

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings. Die woord "pasta" kom uit Latyn en beteken 'deeg'.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties