Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 23-12-2025 (vlak 3)



vorige toets 23 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-12-2025 só ingevul:



Sommige mense gebruik ........ om bloeding te stop as hulle hul raak geskeer het.
19 % (afgerond)alluin
3 % (afgerond)allein
6 % (afgerond)alein
72 % (afgerond)aluin 

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “alein” in plaas van die korrekte “aluin”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Die weermag het vanjaar vyf nuwe ........ ingehuldig.
49 % (afgerond)adjudant-generaals
2 % (afgerond)adjudant-generale
42 % (afgerond)adjudante-generaal 
7 % (afgerond)adjudants-generaal

Die laaste lid van saamgestelde rangbenamings kry die meervoudsvorm, byvoorbeeld "generaal-majoors", "sersant-majoors" (AWS 13.12). In hierdie geval is die rang "adjudant", terwyl "generaal" 'algemeen' beteken.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



'n Spinnekop van die orde Solifugae staan algemeen bekend as 'n ........ .
43 % (afgerond)jaagspinnekop  
43 % (afgerond)Jagspinnekop
11 % (afgerond)Sonspinnekop
3 % (afgerond)oranje spinnekop

Dié harige spinnekop het 'n klomp name in Afrikaans: rooiroman, roman, romanspinnekop, spekvreter, vetvreter, jagspinnekop, jaagspinnekop, haarskeerder, haarskeerderspinnekop of haarsnyer.
Algemene name van insekte begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Rob het nie kwaad geword nie; ........ , hy het haar heel rustig aangekyk.
29 % (afgerond)trouens
71 % (afgerond)inteendeel 

Die bywoord "inteendeel" beteken 'in teenstelling met' of 'daarteenoor', en word gebruik om aan te dui dat wat in die voorafgaande gesê word, ontken word, of dat die teenoorgestelde waar is, of dat presies die omgekeerde die geval is.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
57% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties