Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 22-12-2025 (vlak 3)



vorige toets 22 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-12-2025 só ingevul:



Die student het aansoek om toelating tot die universiteit ........ .
2 % (afgerond)gedien
2 % (afgerond)gemaak
96 % (afgerond)gedoen 

Vroeër is hoofsaaklik die woord "doen" gebruik by selfstandige naamwoorde waar "maak" deesdae meer algemeen voorkom. Sommige woorde, byvoorbeeld "aansoek" word egter net met "doen" voltooi. Vir 'n lys van sulke woorde kyk op bladsy 102 in Skryf Afrikaans A tot Z.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Idioom: Oos-Indies ........ wees.
29 % (afgerond)blind
9 % (afgerond)kunssinnig
8 % (afgerond)sportief
54 % (afgerond)doof 

Die idioom "Oos-Indies doof wees", beteken 'maak of jy nie hoor nie'.
Volgens Nederlandse oorlewering was die Oos-Indiese volke, weens die warm klimaat, van nature traag om te luister en het glo dikwels voorgegee dat hulle nie Westerlinge begryp nie om sodoende tyd te wen.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ babadogtertjie is blakend gesond ná 'n suksesvolle operasie.
13 % (afgerond)ses-week oue
41 % (afgerond)ses weke oue 
19 % (afgerond)sesweek oue
28 % (afgerond)ses-weke-oue

Woorde wat tydsduur of mate aandui ("weke") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("oue") word los geskryf byvoorbeeld "16 maande lange", "ses weke lange" en "drie uur lange".
Sien ook die bladsy Samestellings.



In 2014 is ........ Anwa Dramat geskors as hoof van die Valke.
28 % (afgerond)Lt.genl.
24 % (afgerond)lt.-genl.
29 % (afgerond)lt.genl. 
20 % (afgerond)Lt.-genl.

Die afkorting van "luitenant-generaal" is "lt.genl.". Titels word nie met hoofletters geskryf in die middel van 'n sin nie.
Sien ook die bladsy Afkortings.



TOTAALRESULTAAT:
55% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties