Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 22-12-2025 (vlak 2)



vorige toets 22 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-12-2025 só ingevul:



In die Bybel staan die afkorting "Jes." vir ........ .

97 % (afgerond)Jesaja 
Jabes
2 % (afgerond)Jesus
1 % (afgerond)Jesegiël

ʼn Afkorting is ʼn verkorte skryfwyse van ʼn woord, groep woorde of organisasies. Daar is vier kategorieë: egte afkortings, simbole en akronieme. ʼn Uitgebreide lys afkortings verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Afkortings.



'n Motor het voor my ingery en ek het my ........ geval op my fiets om betyds te stop.
51 % (afgerond)velaf 
15 % (afgerond)vel af
35 % (afgerond)vel-af

Samestellings bestaande uit 'n naamwoord plus setsel, byvoorbeeld "velaf", "bekaf", "bergop" "jaarin en jaaruit" en "stroomop", word vas geskryf. (AWS 14.3)
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die gesin het vas geglo dat hul buurman van die duiwel ........ was.
99 % (afgerond)besete 
besit
1 % (afgerond)beset

Hoewel al drie woorde uit dieselfde stam ("sit") afgelei is, het die deelwoord "besete" 'n heeltemal ander betekenis as die werkwoorde "besit" en "beset". Dit beteken volgens die HAT 'kranksinnig', 'dol' of 'oormeester deur 'n bose gees'.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Gesprekke was gister laat nog ........ om die dooie punt op te los.
21 % (afgerond)onderweg
1 % (afgerond)aan die voer
77 % (afgerond)aan die gang 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “aan die gang”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties