Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 19-12-2025 (vlak 1)



vorige toets 19 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 19-12-2025 só ingevul:



Die woord "haas" in die volgende sinne is ’n ........ .
Die dokter haas hom na die ongelukstoneel.
Ons bure het ’n haas as troeteldier.
2 % (afgerond)sinoniem
90 %homoniem 
7 % (afgerond)homofoon
1 %antoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "haas" (‘gou maak’) en "haas" (‘knaagdier’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



Gerrit-hulle boer met ........ .
4 %sonneblome
sonnebloms
94 %sonneblomme 
2 % (afgerond)sonblomme

Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal kort is, kry gewoonlik ’n "-s" in die meervoud (AWS 13.3). Die woord "sonneblomme" is egter ’n uitsondering.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



As iemand baie verlief is, sê ons hy of sy is ........ .
99 %smoorverlief 
vergete en verlief
1 % (afgerond)vrekverlief

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



Die nuwe intrekkers het ons straat mismaak deur hul huis pienk-en-pers te verf.
Wat is die woordsoort van "mismaak" in bostaande sin?

voegwoord
4 %selfstandige naamwoord
12 %byvoeglike naamwoord
84 % (afgerond)werkwoord 

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige werkwoorde, wat nie die klem op die eerste lettergreep dra nie, kry nie "ge-" in die verlede tyd nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties