16 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-12-2025 só ingevul:
Sophie is bekend vir haar ........ opmerkings.
irrelevante irrelefant irrelevant irelevante
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Navorsers is besig om aan 'n ........ te werk om die siekte te bestry.
seerrum serrum seerum serum
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Tannie Erna sê haar ........ is haar kosbaarste besitting.
broodbome Broodbome Brood Bome brood bome
Die gewone benamings van plante en diere begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Vir hierdie spesiale aanbieding is daar ........ wat geld.
termes en voorwaardes terme en voorwaardes terme en kondisies bepalings en voorwaardes
In hierdie konteks word die Engelse "terms" met "bepalings" vertaal. In Afrikaans beteken "term" meestal 'vakwoord'. Die Engelse "conditions" is hier "voorwaardes", terwyl "kondisie" in Afrikaans 'toestand' beteken. Ons sê byvoorbeeld: "Die beeste is in 'n goeie kondisie."
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)