04 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-12-2025 só ingevul:
Ek is tydens my promosie deur twee ........ bygestaan.
paranimfs paranimfe paranimwe paranimffe
Die meervoud van "paranimf" is "paranimfe". By woorde met ʼn dubbele konsonant aan die einde van die woord, word 'n "e" gevoeg om die meervoudsvorm aan te dui. Gewoonlik word die "f" 'n "w", maar daar is 'n paar uitsonderings soos byvoorbeeld: "nimf" - "nimfe", "triomf" - "triomfe", ensovoorts.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die kerk hou die naweek 'n basaar ter ........ van hul fondse.
stawing stuiwing stywing stuifing
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “ter stuiwing” in plaas van die korrekte “ter stywing”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Soms slaan die ........ seerder as die ware jakob.
blinde-sambok of blindesambok blinde-sambok blinde sambok blindesambok
"Blinde sambok" is nie 'n samestelling nie, en word daarom nie vas geskryf nie. Vergelyk ook "blinde hoogte", "blinde puisie" en "blinde liefde". Let daarop dat "jakob" in die geval volgens die AWS met 'n kleinletter gespel word. Kyk reël 9.23b.
Sien ook die bladsy Samestellings.
'n Mens moet nie oor dinge wat ........ is, praat nie.
tabu taboe taboo
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)