04 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 04-12-2025 só ingevul:
Die kwessie van onteiening is 'n ........ op die politieke agenda.
brand-punt brand punt brantpunt brandpunt
ʼn Samestelling (“brandpunt”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“brand” en “punt”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Dit is eenuur en tyd vir nuus en ........ .
aktualityt aktualiteit aktuäliteit aktuälityt
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n "a" of ’n "o" voorafgegaan word deur ’n "e", "u" of "i" nie, byvoorbeeld "aktualiteit", "geolie" en "aktuaris". Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld "studie-eenheid" en "toe-eien".
Sien ook die bladsy Deelteken.
Uitdrukking: 'n ........ in die keel hê.
Pyn Seer Knop
Die uitdrukking "'n knop in die keel hê", beteken 'sprakeloos van aandoening wees'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die Vaalrivier is die grootste takrivier van die ........ in Suid-Afrika.
oranjerivier Oranje Rivier Oranjerivier oranje rivier
Geografiese name, byvoorbeeld die name van riviere en damme, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)