Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 03-12-2025 (vlak 1)



vorige toets 03 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-12-2025 só ingevul:



Ek gaan die lemoen in ........ verdeel.
98 % (afgerond)kwarte 
1 % (afgerond)quarte
quartte
1 % (afgerond)kwartte

Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig ("kwart"), kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die staatsaanklaer het die getuie onder ........ geneem.
1 % (afgerond)krysverhoor
kruisferhoor
kreisverhoor
98 % (afgerond)kruisverhoor 

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "kreisverhoor" of "krysverhoor" in plaas van die korrekte "kruisverhoor".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Ek ........ , moenie vir my wag nie.
99 % (afgerond)gaan vanaand uit 
gaan uit vanaand uit
uitgaan vanaand uit
uitgaan vanaand

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Ek gaan vanaand uit.” en “Ek wil vanaand uitgaan.”
Sien ook die bladsy Samestellings.



Iemand wat sy vonnis in 'n tronk uitdien, noem ons 'n gevangene.
'n Sinoniem vir gevangene is ........ .
skollie
1 % (afgerond)skelm
9 % (afgerond)bandiet
90 % (afgerond)prisonier 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "gevangene - prisonier", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
96% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties