02 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-12-2025 só ingevul:
Belgrado is die hoofstad van ........ .
Servia Serwië Serbia Serbië
Onder die invloed van Engels word "Serwië" dikwels verkeerdelik as "Serbië" uitgespreek. Hierdie klankverwarring word verder aangehelp deurdat beide die klanke [v] en [b] stemhebbend is en so te sê op dieselfde plek in die mond voortgebring word ([v] labio-dentaal en [b] bilabiaal). Hulle verskil slegs beduidend t.o.v. wyse van artikulasie, deurdat [v] 'n frikatief en [b] 'n eksplosief is.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
'n ........ staan aan die hoof van 'n nonneklooster.
Abin Abdis Abbot Abbes
Die vroulike ekwivalent van "ab" ('die owerste van 'n monnikeklooster of -orde'; Engels 'abbot') is "abdis" (Engels 'abbess').
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
ß-strale ........ dodelik wees.
slegs Kan slegs kan Kan of kan slegs kunt
Indien 'n sin met 'n syfer, getal of simbool begin, kry die daaropvolgende woord, of die eerste letter daarna, nie 'n hoofletter nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Sarah het verlede naweek 'n ou ........ by Hentiesbaai uitgetrek.
groote grootte grote
"Grote" verwys na iets of iemand wat groot is ('a big/large one'), terwyl "grootte" na die omvang verwys ('size').
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)