02 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-12-2025 só ingevul:
Wat is die vergelykende trap van "voor op die wa"?
mees voor op die wa voor-op-die-waër voor-op-die-waste meer voor op die wa
Volgens die AWS is "voor op die wa" se vergelykende trap "meer voor op die wa".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Kry asseblief vir ons ........ om vanaand saam met die tjops te braai.
sossati's sosati's sosaties sossaties
In woorde van nie-Klassieke herkoms word die [i]-klank hoofsaaklik met "ie" geskryf (AWS 16.7).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
........ is aan die Horing van Afrika geleë.
Somaliee Somalia Soemalieë Somalië
Sommige internasionale plekname word verafrikaans. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname in Afrikaans verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.
Die woord "spits" in die volgende sinne is 'n ........ . Die ekspedisie het die spits van die berg bereik. Elke keer as ek my naam hoor, spits my ore.
sinoniem homofoon antifoon homoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “spits” (‘piek van 'n berg’) en “spits” (‘fyn luister’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)