Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 01-12-2025 (vlak 1)



vorige toets 01 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-12-2025 só ingevul:



Hou op met ........ agter in die klas!
1 % (afgerond)vluister
fleister
flyster
98 % (afgerond)fluister 

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "flyster" of "fleister" in plaas van die korrekte "fluister".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Die gimnas het haar balans verloor en van die balk ........ .
4 % (afgerond)af gespring
geäfspring
geafspring
96 % (afgerond)afgespring 

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Toe die Titanic sink, het die orkes " ........ my God by U" gespeel.

5 % (afgerond)slegs nader
5 % (afgerond)slegs Naader
4 % (afgerond)Naader of naader
86 % (afgerond)slegs Nader 

Name van publikasies, dié geval ’n lied, begin met ’n hoofletter.

Sien ook die bladsy Publikasiename.



Die woord "ruk" in die volgende sinne is 'n ........ .
Die trein het met 'n ruk tot stilstand gekom.
Dit gaan nog 'n ruk lank duur voordat ons verder kan ry.
1 % (afgerond)anoniem
1 % (afgerond)antifoon
2 % (afgerond)sinoniem
96 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “ruk” (‘skielike trekbeweging’) en “ruk” (‘'n tyd lank’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties