Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 28-11-2025 (vlak 3)



vorige toets 28 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-11-2025 só ingevul:



Die siekte ........ kom veral in koeie voor ongeveer een week voor en twee weke ná kalwing.


3 % (afgerond)subakute rumen asidose
56 % (afgerond)subakute rumenasidose  
38 % (afgerond)sub-akute rumenasidose
3 % (afgerond)sub-akute rumen asidose

Woorde wat in Afrikaans met die voorvoegsel "sub-" begin, kry normaalweg nie 'n koppelteken nie. Die woord "rumenasidose" is 'n samestelling van twee naamwoorde "rumen" en "asidose". Samestellings word vas geskryf
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die landdros het twee van die sewe aangeklaagdes vrygespreek.
Onder watter subkategorie van die woordsoort val "van" in bostaande sin?
5 % (afgerond)vergelykingspartikel
28 % (afgerond)deelpartikel 
44 % (afgerond)skakelpartikel
23 % (afgerond)besitspartikel

Partikels word in verskeie subkategorieë verdeel waaronder:
deelpartikel: Drie "van" die mans het in die hof verskyn
ontkenningspartikel – tweede “nie”
besitspartikel – “se”
vergelykings partikel – “so” en “soos”
skakelpartikel – van sit “en” staan kom niks gedaan.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Anna probeer my al weer ........ om die oë smeer.

1 % (afgerond)grimering
2 % (afgerond)poeier
87 % (afgerond)salf 
10 % (afgerond)olie

Die idioom "iemand salf om die oë smeer" beteken ‘om iemand te probeer kul’. Die Engelse weergawe van hierdie idioom is, ‘Try to hoodwink someone’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Dit is 'n ........ wat in die rivier swem.
1 % (afgerond)zambezi haai
5 % (afgerond)Zambezi haai
61 % (afgerond)zambezihaai 
33 % (afgerond)Zambezihaai

Indien 'n diernaam 'n samestelling is waarvan die eerste lid 'n eienaam is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.



TOTAALRESULTAAT:
58% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties