Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 28-11-2025 (vlak 1)



vorige toets 28 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-11-2025 só ingevul:



Die bevrydingstryd was ʼn ........ in die geskiedenis van Suid-Afrika.
7 % (afgerond)e-pog
90 % (afgerond)epog 
2 % (afgerond)eepog
1 % (afgerond)eppog

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld "epog", "hidroulies" en "kwadrupleeg".
Sien ook die bladsy Tussenklas.



Elke streek het sy eie ........ .

2 % (afgerond)gesegs
97 % (afgerond)gesegdes 
1 % (afgerond)geseggens

Naamwoorde wat op “-e” eindig, kry ʼn “-s” in die meervoudsvorm.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Idioom: In die sewende ........ wees.
99 % (afgerond)hemel 
plek
woonstel
1 % (afgerond)kamer

Hierdie idioom beteken 'baie of uiters gelukkig wees'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Sulke goeie prestasies vereis baie inspanning.
Wat is die woordsoort van "vereis" in bostaande sin?
89 % (afgerond)werkwoord 
2 % (afgerond)voegwoord
5 % (afgerond)selfstandige naamwoord
3 % (afgerond)bywoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "vereis", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties