Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 26-11-2025 (vlak 3)



vorige toets 26 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-11-2025 só ingevul:



Petra mag nie 'n nuwe kar koop ........ tensy sy en Ben trou.
14 % (afgerond)nie
25 % (afgerond)nie;
60 % (afgerond)nie, 
2 % (afgerond)nie:

Kommas word gebruik voor 'n voegwoord in gevalle waar die tweede sin 'n teenoorgestelde gedagte uitdruk.
Sien ook die bladsy Komma.



Jy sal sien, sy sal nog vanself ........ .
86 % (afgerond)regkom 
14 % (afgerond)reg kom

Samestellings wat uit 'n bywoord en 'n werkwoord bestaan, word vas aan mekaar geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die akademiese dissipline ........ bestudeer die taal en kultuur van Japan en die geskiedkundige ontwikkeling daarvan.
1 % (afgerond)jappanologie
49 % (afgerond)Japannologie of japannologie 
8 % (afgerond)japanologie
41 % (afgerond)Japanologie

Afleidings van woorde wat met “-is", “-isme”, “-istiek” en “-isties” eindig, word met hoof- of kleinletters geskryf (AWS9.20).
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



Die polisie het op die rowers geskiet en een is noodlottig ........ .
bewond
99 % (afgerond)gewond 
vergewond
1 % (afgerond)geverwond

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “noodlottig verwond”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties