26 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-11-2025 só ingevul:
Nou kort ek nog net ’n tafel en ........ vir die eetkamer.
stoelens stoele stoels
Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is ("stoel"), kry ’n "-e" in die meervoud (AWS 13.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Tydens die onderhoud moes ek vrae van die ........ beantwoord.
paneel panel panneul panneel
In geslote lettergrepe (soos in die woord “paneel”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
’n Mens kan tweesaadlobbige plante uitken aan hul ........ .
penwortels pen-wortels pen wortels
ʼn Samestelling ("penwortel") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("pen" en "wortel") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die bokser het opponent 'n behoorlike opstopper gegee. Wat is 'n sinoniem vir "opstopper" in bogenoemde sin?
pleister vuishou toejuiging applous
Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. 'n sinoniem vir "opstopper" is 'n "vuishou". "Toejuiging" en "applous" is ook sinonieme van mekaar.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)