Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 25-11-2025 (vlak 2)



vorige toets 25 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-11-2025 só ingevul:



Ek het nie tyd vir sulke ........ mense nie; hulle neem altyd ’n gesprek oor.
97 % (afgerond)fanatiese 
3 % (afgerond)fenatiese
fenaties
fanaties

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("fanaties"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



ʼn Deel van die dorp is onder ........ geplaas toe daar maagkoors uitbreek.
3 % (afgerond)kwarentein
21 % (afgerond)kwarentyn
5 % (afgerond)kwarantein
71 % (afgerond)kwarantyn 

Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak, beklemtoonde posisie is (soos die tweede "a" in "kwarantyn"), verder verswak word tot ʼn [ə]-klank (en dan verkeerdelik geskryf word as "kwarentyn").
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.



Die ........ is bekend vir die hoë vetinhoud in hul melk.
14 % (afgerond)slegs jerseys
23 % (afgerond)slegs Jerseys
63 % (afgerond)jerseys of Jerseys 

Die name van diererasse kan met hoof- of kleinletters geskryf word, byvoorbeeld "dobermann of Dobermann"; "jersey of Jersey"; "merino of Merino".
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



........ Griet! Wat gaan hier aan?
88 % (afgerond)Grote 
6 % (afgerond)Groote
6 % (afgerond)Grootte

"Grote" verwys na iets of iemand wat groot is ('a big/large one'), terwyl "grootte" na die omvang verwys ('size').
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties