Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 24-11-2025 (vlak 2)



vorige toets 24 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-11-2025 só ingevul:



Ben moet ʼn vrou en twee kinders onderhou.
Wat is die woordsoort van "onderhou" in bostaande sin?

9 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
13 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord
6 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
71 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 

In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Ben moet ʼn vrou en twee kinders onderhou.
’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



As 'n ........ die baan goed ken, is hy van groot waarde vir die speler.
18 % (afgerond)golfjoggie
80 % (afgerond)gholfjoggie 
2 % (afgerond)gholf joggie
golf-joggie

ʼn Samestelling (“gholfjoggie”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“gholf” en “joggie”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die buurskool se rugbyspan het ons ouens goed ........ .

geopdreun
geöpdreun
1 % (afgerond)op gedreun
98 % (afgerond)opgedreun 

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2). Die woord "opdreun" beteken 'moeilik maak'.

Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Idioom: "Krakende ........ loop die langste."
8 % (afgerond)kruiwaens
37 % (afgerond)waens 
10 % (afgerond)koetse
45 % (afgerond)skoene

Hierdie idioom beteken 'swak mense leef partymaal die langste'.
Nog idiome en spreekwoorde kan aanlyn gekry word by: http://www.gesegdes.co.za/idiome/W1.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties