24 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-11-2025 só ingevul:
Die Onderwysdepartement het die ........ verander.
kurrikulum kurikullum kurikkullum kurikulum
In verafrikaanste woorde word die spelling dikwels verander: "curriculum" word "kurrikulum".
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Jy kan ........ tyd jou ouma besoek.
te eniger ter eniger te enige ter enige
Die vaste uitdrukking "te eniger tyd" beteken 'enige tyd'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die vliegtuig het in die moeilikheid beland toe 'n ........ ontplof het.
litiumbattery lithium battery lithiumbattery litiumbatery
ʼn Samestelling (“litiumbattery”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“litium” en “battery”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
ʼn Tydperk van 1 000 jaar word 'n ........ genoem.
milennium millenium milenium millennium
Die woord "millennium" is afkomstig uit die Latyn, "mille" wat 'duisend' beteken en "annus" wat 'jaar' beteken.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)