21 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-11-2025 só ingevul:
Moenie sommer net in daardie produk belê nie. Ek het gehoor dis 'n ........ en jy kan al jou geld verloor.
trick truuk triek trik
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “triek” in plaas van die korrekte “truuk”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Jy vra haar verniet! Sy is so dig soos 'n ........ .
skottel emmer pot kan
Om "so dig soos 'n pot" te wees, beteken 'om 'n geheim goed te kan bewaar'.
Sien ook die bladsy Vergelykings.
As jy groot en sterk wil word, moet jy al jou kos ........ !
opeet op-eet op eet
Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Hy eet sy kos op.” en “Jy moet jou kos opeet.” (AWS 14.48).
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ek bly in 'n "town house" in Pretoria. Die Afrikaans vir "town house" is ........ .
meenthuis of dorpshuis stadshuis meenthuis dorpshuis
Die Engelse begrip "town house" verwys eintlik na skakelhuise met meer as een verdieping. (Bron: www.oxforddictionaries.com) In die Suid-Afrikaanse konteks verwys dit egter na 'n behuisingsontwikkeling wat volgens dieselfde plan gebou is maar elkeen 'n afsonderlike wooneenheid is (Bron: HAT). "Dorpshuis" staan teenoor "plaashuis".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)