Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 17-11-2025 (vlak 3)



vorige toets 17 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-11-2025 só ingevul:



Die woorde "gawe" (attributiewe vorm van die byvoeglike naamwoord "gaaf") en "gawe" (selfstandige naamwoord wat 'talent' beteken), is ........ van mekaar.
21 % (afgerond)homofone
16 % (afgerond)poliseme
59 % (afgerond)homonieme 
4 % (afgerond)homograwe

Homonieme is woorde met dieselfde uitspraak en spelling, maar verskillende betekenisse.
Sien ook die bladsy Homonieme.



Die idioom, "die ........ op die som," beteken 'dit is die bewys'.
2 % (afgerond)vraag
59 % (afgerond)antwoord
3 % (afgerond)teken
36 % (afgerond)proef 

Die idioom "die proef op die som" beteken 'dit is die bewys van iets'. (Engels: 'That settles the matter')
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die unieke flora van die streek is van besondere belang vir die wetenskap omdat 'n ........ van fynbosspesies op 'n relatief klein gebied voorkom.
13 % (afgerond)reuse verskeidenheid
5 % (afgerond)reusverskeidenheid
81 % (afgerond)reuseverskeidenheid 
1 % (afgerond)reusenverskeidenheid

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die Paleis van Versailles is die "epitome" van weelde.
Wat is die korrekte Afrikaans vir "epitome"?
epitomee
2 % (afgerond)epitoom
1 % (afgerond)aambeeld
97 % (afgerond)toonbeeld 

Die Engelse woord "epitome" kan op verskeie maniere in Afrikaans vertaal word, byvoorbeeld "toonbeeld", "toppunt" en "kroon".
Die woord "epitome" kom van Grieks, van epi 'daarbenewens' + temnein 'om te sny'.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties