Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 14-11-2025 (vlak 2)



vorige toets 14 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-11-2025 só ingevul:



Daan gooi die klip tot ........ die heining.
5 % (afgerond)ander kant
1 % (afgerond)annerkant
anerkant
94 % (afgerond)anderkant 

Al klink die "d" in "anderkant" soms soos 'n "n", word dit met 'n "d" geskryf.
Sien ook die bladsy Assimilasie.



Idioom: 'n Goeie begin is halfpad ........ .
gevind
1 % (afgerond)besin
99 % (afgerond)gewin 
bemin

Die idioom "'n goeie begin is halfpad gewin", beteken 'as 'n mens fluks begin, kom die werk gou klaar'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Hierdie behuising is geskik vir ’n gesin met ’n ........ van R20 000 per maand.
2 % (afgerond)slegs bruto-salaris
21 % (afgerond)slegs brutosalaris
26 % (afgerond)slegs bruto salaris 
51 % (afgerond)brutosalaris of bruto-salaris

Die woord "bruto" is ’n byvoeglike naamwoord en word gewoonlik nie vas geskryf nie, behalwe in ’n samestellende samestelling.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Pierre is die ........ van ons jaargroep.
12 % (afgerond)casinova
75 % (afgerond)casanova 
10 % (afgerond)kasanova
3 % (afgerond)kasinova

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties