Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 14-11-2025 (vlak 3)



vorige toets 14 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-11-2025 só ingevul:



Sowat 50 ........ is na die geleentheid genooi.
7 % (afgerond)oud SWD rugbylegendes
38 % (afgerond)oud SWD-rugbylegendes
53 % (afgerond)oud-SWD-rugbylegendes 
1 % (afgerond)oudSWDrugbylegendes

By samestellings met lettername word die letter met 'n koppelteken aan die res van die woord gekoppel. Voorvoegsels van letternaamsamestellings kry ook 'n koppelteken aan die res van die woord, byvoorbeeld "SWD-rugbylegendes - oud-SWD-rugbylegendes", "BTW-prys - pre-BTW-prys", "MK-kader - eks-MK-kader" (AWS 12.9).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



'n Doktor in die lettere het dikwels 'n DLitt-graad. Waarvoor staan die akroniem?
39 % (afgerond)Doctor Litterati
2 % (afgerond)Docter Litterati
2 % (afgerond)Docter Litterarum
57 % (afgerond)Doctor Litterarum 

'n Omvattende lys van afkortings en akronieme is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Akronieme.



Ons sal ons ........ moet uitskud vir môreaand se deftige geleentheid.
96 % (afgerond)kisklere 
2 % (afgerond)trommelklere
1 % (afgerond)slenterklere
1 % (afgerond)patroonklere

Hierdie uitdrukking verwys nie na die klere wat 'n lyk in 'n kis aanhet nie. Vroeër het die mense hulle beste klere in 'n kis gebêre, en dit net uitgehaal vir deftige geleenthede.
In Engels verwys hulle na: "One's Sunday best."
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die naam van die streek in die oostelike deel van die Tuinroete tussen Knysna en Humansdorp is ........ .

tsietsikamma
3 % (afgerond)Tsietsiekama
95 % (afgerond)Tsitsikamma 
2 % (afgerond)tsitsikama

Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties