14 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-11-2025 só ingevul:
Daan gooi die klip tot ........ die heining.
ander kant annerkant anerkant anderkant
Al klink die "d" in "anderkant" soms soos 'n "n", word dit met 'n "d" geskryf.
Sien ook die bladsy Assimilasie.
Idioom: 'n Goeie begin is halfpad ........ .
gevind besin gewin bemin
Die idioom "'n goeie begin is halfpad gewin", beteken 'as 'n mens fluks begin, kom die werk gou klaar'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Hierdie behuising is geskik vir ’n gesin met ’n ........ van R20 000 per maand.
slegs bruto-salaris slegs brutosalaris slegs bruto salaris brutosalaris of bruto-salaris
Die woord "bruto" is ’n byvoeglike naamwoord en word gewoonlik nie vas geskryf nie, behalwe in ’n samestellende samestelling.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Pierre is die ........ van ons jaargroep.
casinova casanova kasanova kasinova
Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)