12 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-11-2025 só ingevul:
In die kerk kon ons die sagte ........ hoor van die vrou in die voorste bank.
snike snukke sniks snikke
Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig ("snik"), kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1). Die "k" word verdubbel om die klank kort te hou.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Toemaar, ek het alles ........ wat jy sê, want ek ken Sepedi.
ferstaan verstan ferstan verstaan
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Daar loop ’n ........ deur die noorde van ons land.
keur-kring keurkring keerkring keer-kring
ʼn Samestelling ("keerkring") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("keer" en "kring") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Hoeveel ........ is hierdie battery?
wolt vold wold volt
Vreemde woorde ("volt") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)