11 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-11-2025 só ingevul:
Ons bure is heelwat ........ as ons; hulle hou omtrent elke aand partytjie.
rowwer rof meer rowwer meer rof
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “rof”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “rowwer” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die rofste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Ons ry ........ met 'n Mercedes maar vandag ry ons met 'n Kewer.
normaalweg normaal weg nomalweg normalweg
In geslote lettergrepe (soos in die woord “normaalweg”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Zanele het 'n kudde ........ op sy plaas.
slegs drakensbergers slegs Drakensbergers Drakensbergers of drakensbergers
Die benamings van diererasse kan met hoof- of kleinletters geskryf word, byvoorbeeld "drakensberger" of "Drakensberger"; "merino" of "Merino" (AWS 9.7d)
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Wie het die ........ van daardie mooi lied geskryf?
leruuk leriek liruuk liriek
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "liriek" kom van die Griekse "lurikos" wat 'lier' beteken. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)