Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 10-11-2025 (vlak 2)



vorige toets 10 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-11-2025 só ingevul:



Die redenaars kry elk tien minute om te praat.
Onder watter kategorie van selfstandige naamwoorde val die woord "redenaars" in bostaande sin?

10 % (afgerond)eienaam
5 % (afgerond)massanaam
69 % (afgerond)soortnaam 
16 % (afgerond)versamelnaam

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "redenaar", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die bure se ........ is baie hoog.
64 % (afgerond)lewenstandaard 
2 % (afgerond)lewestandaard
34 % (afgerond)lewensstandaard

Die samestelling "lewenstandaard" bestaan uit drie dele: "leef" + "-ens-" + "standaard". Aangesien die laaste deel van die samestelling met 'n "s" begin, word die "s" van "-ens-" nie geskryf nie. Ons skryf dus wel "lewensverwagting", maar nie *lewensstandaard nie. (Bron: ATKV Spelathon)
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Die ........ wat ons vanjaar gekry het, was so klein, hulle kon dit maar gehou het.
98 % (afgerond)bonussie 
bonussetjie
1 % (afgerond)bonuskie
2 % (afgerond)bonustjie

Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn kort uitgespreekte “a”, “e”, “o” of “u”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die voorafgaande konsonant word verdubbel omdat dit dan in ʼn geslote lettergreep voorkom (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Idioom: Wat ........ jou?
2 % (afgerond)knor
91 % (afgerond)byt 
5 % (afgerond)hap
2 % (afgerond)grom

Die uitdrukking "wat byt jou?" beteken 'hoekom is jy so kwaad?'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties