Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 07-11-2025 (vlak 1)



vorige toets 07 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-11-2025 só ingevul:



Vissermanne gebruik baiekeer ........ as aas om kabeljou mee te vang.
9 % (afgerond)chokka
5 % (afgerond)choka
8 % (afgerond)tjoka
78 % (afgerond)tjokka 

Die "tj"-klank word in Afrikaans met "tj" gespel en nie "ch" soos in Engels nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Sophie is bekend vir haar ........ opmerkings.
irrelevand
3 % (afgerond)irrelevant
1 % (afgerond)irrelevande
96 % (afgerond)irrelevante 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Mamma was só bekommerd oor Belinda, sy kon laasnag nie 'n ........ toemaak nie.
1 % (afgerond)deur
98 % (afgerond)oog 
1 % (afgerond)hand
pot

Die idioom "nie 'n oog toemaak nie", beteken 'om nie te kan slaap nie'.
Ons Engelse vriende sê: "Not get 'n wink of sleep."
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Waarvoor staan die letternaamwoord "GRA"?
35 % (afgerond)Genootskap van Regte Afrikaans
65 % (afgerond)Genootskap van Regte Afrikaners 

'n Omvattende lys van afkortings en akronieme is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Akronieme.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties