05 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-11-2025 só ingevul:
Die pophuis staan op vier ........ .
pilaarkies pilaartjies pilarentjies pilaarsies
Naamwoorde wat op "l", "n" of "r" eindig, voorafgegaan deur ’n tweeklank, [ә]-klank of lang vokaal, kry "-tjie" in die verkleiningsvorm (AWS 15.6).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die vrou wat so met haar kinders raas, het darem 'n baie ........ stem!
skrul skrel skril skral
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “skrul” in plaas van die korrekte “skril”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Van die oomblik dat die ........ ʼn mens binnenooi, voel jy tuis in dié gastehuis.
gasvrou gas-vrou gas vrou
ʼn Samestelling ("gasvrou") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("gas" en "vrou") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die woord "monster" in die volgende twee sinne is ’n voorbeeld van ’n ........ . In sprokies en kinderverhale is daar dikwels ’n monster wat die karakters bang maak. Die verpleegster gaan ’n monster van jou bloed neem.
sinoniem antoniem homofoon homoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "monster" (‘gewoonlik ’n fiktiewe wese wat bang maak’) en "monsters" (‘klein hoeveelheid van iets byvoorbeeld bloed of parfuum’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)