Die Engelse begrip "scrap yard" het verskillende moontlike vertalings in Afrikaans, naamlik "skrootwerf", "rommelwerf" of "afvalwerf".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Ná die ........ sal ons hoor of die Reserwebank van plan is om rentekoerse te verhoog.
monetêre beleid vergadering monetêre beleids-vergadering monetêrebeleidsvergadering monetêre beleidsvergadering
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en ʼn selfstandige naamwoord. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n samestellende samestelling is, is om te kyk of die byvoeglike naamwoord na die eerste of laaste naamwoorddeel van die samestelling verwys. Indien dit na die eerste naamwoorddeel verwys, moet dit vas geskryf word. Ander voorbeelde van samestellende samestellings is "hoëhakskoen", "plaaslikeregeringsverkiesing" en "ekonomieseklaspassasier".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Daardie nuwe ........ van jou sal nooit hierdie land deurgeploeg kry nie.
ploegie ploegkie ploeggie ploegtjie
Woorde wat op f, g, k, p of s eindig en wat 'n ander konsonant of tweeklank daarvoor het, kry -ie in die verkleiningsvorm. (AWS 17.3)
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Idioom: Iemand in jou ........ kry.
besit greep hande kloue
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)