30 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 30-10-2025 só ingevul:
Ek is trots op my ........ .
voor geslag voorgeslag voor-geslag
ʼn Samestelling ("voorgeslag") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("voor" en "geslag") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Sy kan ná die ongeluk al haar ledemate beweeg ........ daar is dus geen gevaar dat sy verlam sal wees nie.
; . ,
Kommapunte word gebruik wanneer die voegwoorde "want", "en" en "maar" weggelaat word.
Sien ook die bladsy Kommapunt.
Frikkie het nie doekies omgedraai toe hy Jacques tromp-op loop nie. Wat is die betekenis van "tromp-op loop" in bogenoemde sin?
met 'n draai gekom gehuiwer reguit benader
Die tromp is die loop van 'n geweer en om dus die idioom "iemand tromp-op te loop" te gebruik, beteken om figuurlik tot by die punt van sy geweer te loop, dit wil sê 'vreesloos'. In Engels: "let someone have it straight from the shoulder" of die baie meer bekende "point blank". (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die wêreldbekende natuurverskynsel naby Oudtshoorn staan bekend as die ........ .
Kangeroegrot Kangogrotte kangogrotte kangeroegrot
Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge, grotte ens. word met hoofletters gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)