28 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-10-2025 só ingevul:
Die redakteur spring ........ aan die werk as daar 'n groot storie is.
onmiddelik ommiddellik onmiddellik ommiddelik
Al klink die "n" in "onmiddellik" soms soos 'n "m", word dit met 'n "n" geskryf.
Sien ook die bladsy Assimilasie.
Daar is maar weinig kos in ons kaste, maar ons het al voorheen ........ gehad.
weinigger geringer minder weiniger
Die trappe van vergelyking van "weinig" is "minder" en "minste".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Die ........ loop deur Egipte.
Kreefkeerkring kreefkeerkring Kreefskeerkring kreefskeerkring
Geografiese benamings begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
ʼn Moskeehoof wat in gebed voorgaan, noem ons ʼn ........ .
imam gatiep bilaal kalief
ʼn Imam is ʼn moskeehoof, terwyl ʼn gatiep sy assistent is en ʼn bilaal (of muezzin/muedzin) die moskeebeampte is wat uit die minaret die gebedstye afroep. ʼn Kalief is histories die wêreldlike hoof van die Soennitiese Moesliems. (Bron: VAW; WAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)