Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 28-10-2025 (vlak 1)



vorige toets 28 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-10-2025 só ingevul:



Die restaurant met sy kaggel is lekker knus in die winter.
Wat is die woordsoort van die woord "knus" in bostaande sin?
51 % (afgerond)adjektief 
11 % (afgerond)werkwoord
24 % (afgerond)bywoord
14 % (afgerond)selfstandige naamwoord

’n Adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord) beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “knus” kaggel. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “knus”, “knusser”, “knusste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Tydens die jagtog het James ’n ........ geskiet en die bok gedood.
1 % (afgerond)kol skoot
kol-skoot
99 % (afgerond)kolskoot 

ʼn Samestelling ("kolskoot") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("kol" en "skoot") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die enigste voël wat my babasussie ken, is 'n ........ .
74 % (afgerond)flamink 
12 % (afgerond)Flamink
3 % (afgerond)Vlamink
11 % (afgerond)vlamink

Die gewone benaminge van plante en diere begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Die orige buurman daag ........ en ontydig hier op.
teidig
99 % (afgerond)tydig 
1 % (afgerond)tydug
tuidig

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: "tydig en ontydig"; "met hart en siel"; "teen wil en dank" en "met raad en daad".
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties