Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 27-10-2025 (vlak 2)



Geen vorige toets beskikbaar nie 27 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 27-10-2025 só ingevul:



Die hond byt die skelm.
Wat is die woordsoort van "byt" in bostaande sin?

9 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
74 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
7 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
10 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord

In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die hond byt die skelm. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Tannie Hantie volstaan dat herfsblare die beste ........ van alle tye is! Sy bedek al die probleemareas in haar tuin daarmee.
4 % (afgerond)onkruidbeheer maatreël
3 % (afgerond)onkruid beheermaatreël
92 % (afgerond)onkruidbeheermaatreël 
2 % (afgerond)onkruid beheer maatreël

Samestellende samestellings kom voor waar 'n woordgroep ("onkruid beheer") en 'n ander woord ("maatreël") verbind. Juis omdat die woordgroep nou optree as die bepaler in die samestelling, word dit vas aan die kern geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die boelie het 'n ........ persoonlikheid.
onaangenaamme
1 % (afgerond)onaangenaame
1 % (afgerond)onaangenaam
98 % (afgerond)onaangename 

Byvoeglike naamwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan, kry gewoonlik 'n "-e" in die attributiewe posisie.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Idioom: Elke voël sing soos hy ........ is.
7 % (afgerond)gemaak
68 % (afgerond)gebek 
18 % (afgerond)geskape
6 % (afgerond)geleer

Die idioom "elke voël sing soos hy gebek is" beteken 'elkeen handel na sy aard en volgens sy eie insigte'.

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties