Daar het gisteraand verskeie ........ in en om die stad Damaskus uitgebreek.
gevegs gevegte gevegge geveggens
Sommige meervoude soos “drifte”, “gaste”, “nagte” eindig ook op “-e” maar die ekstra “t” is deel van die oorspronklike stam.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
........ , maar dan sal jy ’n ander plan moet maak!
o oo Oo O
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Die ........ het in die ou dae ’n toga in die kerk gedra.
Dominee dominie dominee Dominie
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld "dominee", "hidroulies" en "kwadrupleeg".
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)