26 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-04-2024 só ingevul:
Kinders, julle moenie so ........ nie!
slegs tekere gaan of tekeregaan
slegs te kere gaan of tekere gaan te kere gaan of tekere gaan of tekeregaan
slegs tekeregaan
As jy 'n groot lawaai maak of woes baljaar, gebruik ons die uitdrukking "te kere gaan". Jy kan dit ook "tekere gaan" of "tekeregaan" skryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Dit reën nou al drie dae aaneen. Die woordsoort van "aaneen" in bostaande sin 'n ........
bywoord van natuur bywoord van wyse
bywoord van modaliteit
bywoord van tyd
Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van wyse - "aaneen", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Is ........ ook onder die profete? ('n Spreekwoord wat gebruik word om verbasing uit te druk as iemand iets besonders doen, of as jy iemand aantref waar jy hom nie verwag nie.)
Eli
Dawid
Jakob Saul
'n Spreekwoord is 'n stukkie waarheid of wysheid wat in die volksmond ontstaan het en wat as ‘n algemene waarheid beskou word. Hierdie spreekwoord kom uit die Bybel (1 Samuel 10:11,12).
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)