3115 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-04-2024 (vlak 1)



vorige toets 26 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-04-2024 só ingevul:



Die woord "bakkies" in die volgende sinne is ’n ........ .
Ek het ses bakkies nodig om die poeding in te maak.
Sjoe, maar daai man het darem lelike bakkies.


1 % (afgerond)antifoon
4 % (afgerond)sinoniem
84 % (afgerond)homoniem 
10 % (afgerond)homofoon

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "bakkies" (‘meervoud van bakkie’) en "bakkies" (‘informele sinoniem vir gesig’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




Die ........ het koeke, terte en ander soet- sowel as southappies ingesluit.


22 % (afgerond)eetdinge of eetgoed
74 % (afgerond)eetgoed 
4 % (afgerond)eetdinge

Die meervoud van "-ding" is "-goed". Daarom praat ons van een "eetding", maar baie "eetgoed", asook van een "speelding", maar baie "speelgoed".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Idioom: Die ........ hoor lui, maar weet nie waar die bel/klepel hang nie.


91 % (afgerond)klok 
4 % (afgerond)alarm
2 % (afgerond)foon
4 % (afgerond)wekker

Die idioom "om die klok te hoor lui, maar weet nie waar die bel/klepel hang nie" beteken 'om iets te gehoor het, maar nie die besonderhede te ken nie'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die baan het die ruiters se vernuf tot die uiterste beproef.
Wat is die woordsoort van die woord "vernuf" in bostaande sin?



3 % (afgerond)voegwoord
67 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
13 % (afgerond)bywoord
16 % (afgerond)werkwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld "vernuf - die vernuf". Die woord "vernuf" het egter geen meervoudsvorm nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties