Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 18-03-2025 (vlak 1)



vorige toets 18 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-03-2025 só ingevul:



Michelle versier haar seun se verjaardagkoek.
Wat is die woordsoort van "versier" in bostaande sin?
selfstandige naamwoord
1 % (afgerond)voornaamwoord
98 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "versier", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die Namakwaland is bekend vir sy inwoners se ........ .
3 % (afgerond)segswys
73 % (afgerond)segswyse 
1 % (afgerond)sêwys
23 % (afgerond)sêwyse

Verbindingsklanke "-s-", "en", "ens", "es" kom dikwels in samestellings ("segswyse") voor en bind die twee woorddele aan mekaar.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



........ ry in soggens met my fiets skool toe.
99 % (afgerond)Ek 
1 % (afgerond)ek

Die eerste woord van 'n sin begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



Uitdrukking: Die bure se geraas is om van ........ te word!
3 % (afgerond)stapelsiek
92 % (afgerond)stapelgek 
5 % (afgerond)stapelmal
1 % (afgerond)stapellaf

Die uitdrukking "stapelgek" het ons van Nederlands geërf. Die Nederlandse "krekel" (kriek) het eeue gelede saam met die sprinkaan as 'n "stapel" bekend gestaan. Om "stapelgek" te wees, was dus om soos 'n kriek of sprinkaan rond te spring.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties