Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 13-01-2025 (vlak 1)



vorige toets 13 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-01-2025 só ingevul:



Dit het 'n ........ by hom geword om enige voorstel te opponeer.
5 % (afgerond)maanie
6 % (afgerond)mani
1 % (afgerond)maani
88 % (afgerond)manie 

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Fiona se stem klink ........ wanneer sy nie te naby aan die mikrofoon praat nie.
91 % (afgerond)duideliker 
4 % (afgerond)meer duidelik
1 % (afgerond)duidelikder
4 % (afgerond)duidelikker

Wanneer "duidelik" in die vergrotende trap gebruik word, kry dit slegs 'n "-er" agteraan. Ander voorbeelde sluit in: "oulik" word "ouliker" en "blond" word "blonder".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Ons gaan op 16 Desember ........ vier.
1 % (afgerond)erfenisdag
4 % (afgerond)versoeningsdag
19 % (afgerond)Erfenisdag
76 % (afgerond)Versoeningsdag 

Die name van feesdae word altyd met 'n hoofletter geskryf.

Sien ook die bladsy Feesdae.



Die woord "loon" in die volgende twee sinne is ’n ........ .
Ambagslui en arbeiders ontvang ʼn loon.
Dit is jou verdiende loon dat jy nou so moet sukkel.
1 % (afgerond)antoniem
10 % (afgerond)homofoon
6 % (afgerond)sinoniem
83 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "loon" (‘betaling’) en "loon" (‘straf’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties