27 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 27-03-2024 só ingevul:
Dit was ........ wat die blompot omgestamp het!
ék
èk
Die akuutteken word gebruik om woordklem in 'n sin aan te dui.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.
Die ........ het belangrike poste en gewoonlik ook baie geld.
hoolui hoëlui
hoo lui
hoë lui
Byvoeglike naamwoorde (soos “hoog” of “warm”) word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos “lui” of “kos”) geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
In 'n saamgestelde taalbenaming wat sonder 'n koppelteken vas geskryf word, begin slegs die samestelling met 'n hoofletter en nie ook die basiese taalbenaming nie.
Sien ook die bladsy Taalbenamings.
Idioom: Dis nie almal ........ wat lang messe dra nie.
moordenaars
barbiere
struikrowers kokke
Die idioom "dis nie almal kokke wat lang messe dra nie", beteken ‘skyn bedrieg’. Die Engelse weergawe van hierdie idioom is, ‘it is not every cowl that hids a friar’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)