Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 07-07-2020 (vlak 2)



vorige toets 07 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-07-2020 só ingevul:



Die ........ is so klein, dit sal nie die polisie te lank neem om af te handel nie.


88 % (afgerond)ondersoekie 
4 % (afgerond)ondersoektjie
ondersoekdjie
8 % (afgerond)ondersoekkie

Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn lang uitgespreekte “a”, “e” of “o”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die betrokke “a”, “e” of “o” word enkel geskryf omdat dit dan in ʼn oop lettergreep voorkom (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Tydens die pouse sal daar ........ vir die gaste wees om te geniet.


34 % (afgerond)versnapperinge
64 % (afgerond)versnaperinge 
1 % (afgerond)versnaaperinge
1 % (afgerond)fersnaperings

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Jy is die wenner van honderdduisend ........ .


25 % (afgerond)Dollar
75 % (afgerond)dollar 

Die name van geldeenhede begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Geldeenhede.




Die kinders was in vervoering met die ........ van die nar by die sirkus.


2 % (afgerond)kapperjols
40 % (afgerond)kaperjolle 
53 % (afgerond)kapperjolle
5 % (afgerond)kaperjole

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “kaperjolle”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”.
Sien ook die bladsy Tussenklas.




TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties