Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 06-07-2020 (vlak 3)



vorige toets 06 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-07-2020 só ingevul:



Die kwessie van ........ in die Karoo maak mense warm onder die kraag.


15 % (afgerond)hidro-breking
3 % (afgerond)hidroebreking
81 % (afgerond)hidrobreking 
1 % (afgerond)hidroe-breking

Die woorddeel "hidro-" in "hidrobreking" word sonder 'n "e" gespel. Dit is afkomstig van die Griekse woord "hudor" wat 'water' of 'vog' beteken. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




Die Maleierkoor het almal tot trane ........ .


2 % (afgerond)verlei
87 % (afgerond)geroer 
4 % (afgerond)verbiggel
8 % (afgerond)gehad

Ons sê in Afrikaans jy "beweeg" of "roer" iemand tot trane wanneer jy iets doen om die persoon te laat huil.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Hulle het ........ geloop, maar het steeds verdwaal.


11 % (afgerond)pad langs
1 % (afgerond)pad-langs
89 % (afgerond)padlangs 

Samestellings word vas geskryf. In hierdie geval bestaan die samestelling uit 'n naamwoord en 'n setsel.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die woord "is" in die sin is 'n ........
Die gestorwe digter is tydens ’n lofrede verheerlik.



52 % (afgerond)hulpwerkwoord
11 % (afgerond)skakelwerkwoord
32 % (afgerond)koppelwerkwoord
5 % (afgerond)omskrywingswerkwoord 

Omskrywingswerkwoorde en koppelwerkwoorde kan met mekaar verwar word, omdat werkwoorde soos “is”, “was”, en “word” koppelwerkwoorde maar ook in die passief as omskrywingswerkwoorde kan optree, byvoorbeeld: As koppelwerkwoord: Rusland “is” gereed vir oorlog. As omskrywingswerkwoord: Die digter “is” tydens die lofrede verheerlik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties