Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 01-07-2020 (vlak 2)



vorige toets 01 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-07-2020 só ingevul:



'n Motor het voor my ingery en ek het my ........ geval op my fiets om betyds te stop.


34 % (afgerond)vel-af
44 % (afgerond)velaf 
22 % (afgerond)vel af

Samestellings bestaande uit 'n naamwoord plus setsel, byvoorbeeld "velaf", "bekaf", "bergop" "jaarin en jaaruit" en "stroomop", word vas geskryf. (AWS 14.3)
Sien ook die bladsy Samestellings.




"Net toe ek amper aan die slaap raak, hoor ek iemand saggies fluister: ........ Het jy nie die foon hoor lui nie? ........ " vertel Danél met 'n bewerige stem.


49 % (afgerond)" "
1 % (afgerond)( )
12 % (afgerond)geen leestekens
38 % (afgerond)' ' 

Enkelaanhalings word vir aanhalings binne 'n aanhaling gebruik.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.




Idioom: Hy het met sy uitspraak 'n ........ in die hoenderhok gegooi.


7 % (afgerond)hond
45 % (afgerond)kat
45 % (afgerond)knuppel 
3 % (afgerond)gefladder

Die idioom "'n knuppel in die hoenderhok gooi" beteken ''n opskudding veroorsaak'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Ons is Kersfees by die familie en op ........ gaan ons 'n vuurwerkvertoning kyk.


7 % (afgerond)Nuwe Jaar
82 % (afgerond)Nuwejaar 
8 % (afgerond)nuwejaar
2 % (afgerond)nuwe jaar

Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf. Die vakansiedag is "Nuwejaar" wanneer mense mekaar 'n voorspoedige "nuwe jaar" toewens.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
52% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties