22 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-04-2024 só ingevul:
Mense wat by 'n bank sake doen, word ........ genoem.
klante
gebruikers
verbruikers kliënte
Mense wat ’n ander persoon, maatskappy of organisasie se professionele diens of raad gebruik, is "kliënte"; mense wat (gereeld) by iemand, ’n winkel, ens. koop, is "klante". Mense wat goedere verbruik, word "verbruikers" genoem. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Idioom: Geen ........ sonder baat.
raad
gewaad
swaard kwaad
Die idioom "geen kwaad sonder baat", beteken 'uit 'n slegte toestand kom dikwels groot verbetering'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Drie ........ het op die strand uitgespoel.
slegs langbek- gewone dolfyne
slegs lang bek gewone dolfyne
slegs langbek-gewone-dolfyne
langbek gewone dolfyne of langbek- gewone dolfyne
Volgens die nuwe AWS word moet afstandsamestellings met ʼn koppelteken geskryf word. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“gewone”) sou dit vas geskryf word as “langbekdolfyne”
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die amptenaar is ses maande lank geskors en voorts met R20 000 beboet. Wat is die woordsoort van "voorts" in bostaande sin?
bywoord van tyd
bywoord van wyse bywoord van modaliteit
bywoord van graad
Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van modaliteit - "voorts", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van wyse - "vinnig".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)